Klik op prentjie (regs of onder op selfoon) vir verkorte weergawe met regstellings van sending groep se promosie boodskappe van 2024 Pinkster. Die kerk het 'n verdere weergawe (bo) van 3 minute versoek om in die kerk vertoon te word.

Elke lid se volledige boodskap sal binnekort ook hier op die webwerf beskikbaar wees.

Missionêre Gemeentewees

Voorbereiding vir Pinkster

Die groep op die foto het Donderdag weer bymekaar gekom om te bid en beplanning te doen vir komende Pinkster. Meeste kom al ses maande bymekaar om oor missionêre kerk-wees te bid. 


Saam met Ds. Hansie Breedt, wie twee sessies gaan lei, het ons uitkoms verwagtings bespreek in groot opgewondenheid. Pinkster gaan oor die besef dat Jesus teenwoordig is in elkeen van ons deur die inwonende Heilige Gees wat vir ons die wete gee dat ek veilig in Jesus Christus en dat Hy my vrede gee in hierdie onstuimige/onsekere lewe. 


Ons is elkeen ‘n gestuurde met ons eie gawes en talente wat ons van God ontvang het wat jy/ons kan gebruik in Sy Koninkryk waar jy/ons is. Deur die tema van die Pinkster gaan ons verseker dat die volgende 5 I’s verduidelik word aan die hand van die Woord:

Vlnr. Frances, Noeline, Blackie, Hansie, Chris, Mattie en Chris